Die Lewe Die lewe is soos die groot blou see
jy moet hom met ewige respek betree die golwe wat briesend teen die rotse slaan se kwade sal ons seker nooit verstaan met wysheid en respek wat ons tydsaam sal leer sal ons vreedsaam met die see kan verkeer om die see en sy branders se prag en se praal en sy kalmerende effek wat ewig uitstraal nie vanselfsprekend as vriendelik te aanvaar maar om die hewige branders vroeg te gewaar want anders as die sissende see van die strand kan hy jou lewe in die waters verplunder en verpand onthou net die lewe is soos die groot blou see jy moet hom met ewige respek betree deur Mieke Rewitzky
Vriende Vriende is 'n geskenk van God
gemaak uit vertroue, liefde en genot wat maak dit nou eintlik saak as ons hier en daar in 'n knoop vasraak solank ons net Spreuke 17:17 onthou op vriende se liefde kan jy altyd vertrou deur Mieke Rewitzky |